Toolbox & Quick Links

Pukke Week

Beste oom Dan

Baie dankie vir die geleentheid wat die Vereniging vir ons gebied het om by die Pukke week te gaan blaas. Dit was werklik ‘n ongelooflike ervaring wat my baie geleer het en wat ek altyd sal koester. Die rugby was van ‘n baie hoe gehalte en die terugvoer wat ek ontvang het was ook baie positief. Die Potchefstromers het regtig alles in hulle vermoe gedoen om ons tuis te laat voel, ek het werklik goeie vriende gemaak en hoop om eendag dieselfde vir hulle te kan doen. Ek dink die WP Skeidsregters het die Vereniging se naam om hoog gehou en julle kan trots wees op almal wat die Vereninging verteenwoordig het by die week.
Ons as skeidsregters (WP en Luiperds) het egter een voorstel aan die 'coaches' (Roderick en Hennie Pretorius) en ‘match reviewer’(Ronnie) gemaak gedurende die toernooi. Ons het gevoel dat van die terugvoer wat ons gekry het verskil het tussen die 3 ‘reviewers’. Hennie en Ronnie se terugvoer was baie dieselfde, maar Roderick sin was in sekere aspekte die teenoorgestelde as hulle sin. Dit het ‘n bietjie verwarring veroorsaak. Ons het toe voorgestel dat die ‘coaches’ en ‘match reviewer’ miskien eers moet vergader voor hulle met die skeidsregter praat om sodanige onkonsekwente terugvoer te vermy . Anders as dit was alles baie positief en ons is regtig baie dankbaar vir die geleentheid wat julle ons gebied het.
Vriendelik groete
Stefan du Toit

Hellow Ben,

I just want to say Big Thanks to Society Executive and Society as whole for this big opportunity they give me to go to Potchefstroom in the week, it was a good week and I learned a lot and enjoyed my self. Thanxs a lot to whole Western Province Rugby and Society. Please forward this email to Ronnie and other Executive Members.
Regards Chumani Hloyi

Beste Oom Dan en Arthur

Hiermee wil ek net baie dankie sê vir die geleentheid wat jul my gegun het om op hierdie week te kon gegaan het.

Dit was my eerste besoek aan Potchefstroom en werklikwaar 'n aangename ervaring! Die rugby was deurgaans van 'n hoë gahalte en daar was min te kies tussen die spanne. 'n Voorbeeld hiervan was die feit dat albei die hoofwedstryde op die laaste dag met 'n strafdoel in die laaste minuut beslis is!

Ons was ontvang met gasvryheid van die hoogste gehalte en die organiseerders, Mnr Johan Peyper en sy span, het uit hul pad gegaan om dit vir ons 'n aangename ervaring te maak!

Gedurende een van die funksies is aan ons gedui dat hul baie in hul skik was met die standaard van die skeidsregters hierdie jaar en dat dit 'n verbetering op vorige jare was! Ons was besonders trots hierop!

Die goeie verhoudinge wat daar gevorm is tussen die skeidsregters, assessors en coaches van beide die WP en die Luiperds het dit vir ons moontlik gemaak om op, en van die veld af, baie by mekaar te kan leer.Ons het ongelooflike vriendskappe opgebou en het die toernooi werklikwaar baie geniet!
Weereens baie dankie vir die geleentheid en dat jul dit vir ons moontlik gemaak het!

Vriendelike Groete,
Divan Uys